Seilkappies, ... waarom?
Die Fakawi seilkappie bied 'n duursame liggewig-alternatief
met 'n unieke Afrika-gevoel teenoor tradisionele kappies.
Gebruik dit om mense in te karwy, jou bagasie droog te hou,
daaronder te slaap of rol sommer die kante op vir daardie
oop, vrye gevoel, met slegs 'n dak oor jou kop om jou teen
die warm son te beskerm - perfek vir daardie dae op die strand
of 'n rit deur die bosveld.
Die kappie is maklik en vinnig om te verwyder
wanneer jy jou bakkie nodig het vir ander take en ook net
so maklik om weer terug te sit.
Vir verdere inligitng oor ons verskeidenheid
kappies selekteer een van die skakels aan die linkerkant van
die bladsy.

|