Die Fakawi aluminiumraam en seilkappie het
sy ontstaan in 1996 gehad deur die eienaars, Adrew en Almarié
Murray, se behoefte aan 'n liggewig kappie wat maklik deur
een of twee persone op 'n Land Roverbakkie opgesit of afgehaal
kan word. Op daardie stadium was daar nie plaaslik vervaardigers
wat so produk op die mark gehad het nie. Die enigste alternatief
was om 'n seilkappie vanuit Engeland te bestel. Die Britse
produk was egter baie duur en het lank geneem om te bekom,
terwyl die produk van gegalvaniseerde pyp is wat maklik roes.
Daar is gevolglik besluit om 'n aluminiumraam en seilkappie
vir eie gebruik te vervaardig. Die eerste produk het egter
soveel belangstelling ontlok dat die Fakawi raam en seil ook
vir kliënte vervaardig is.
Sederdien is die raam en seil met behulp van kliënte
ontwikkel tot 'n duursame produk wat as standaardproduk vir
alle Land Rovers en die meeste Land Cruisers vervaardig word
en spesiaal vervaardig kan word om op ander bakkies te pas.
Die raam word van hoë gehalte aluminmium gemaak en is
nêrens gesweis nie. Die totale raam bout aanmekaar sodat
vibrasie geabsorbeer kan word. Die raam is sterk genoeg om,
met die aanbring van diagonale versterkings, ook 'n aluminiumdakrak
of daktent te kan dra. Die feit dat vlekvryestaal en nylockmoere
saam met die aluminium gebruik word verseker 'n sterk, roesvrye,
liggewig en duursame produk.
Die kappie word van plaaslikvervaardigde waterdigte "ripstop"
seil vervaardig en kom standaard uit met twee syruite per
kant en 'n voorruit wat kan oopmaak. Die agterruit en syruite
is ook van seilsonskerms voorsien wat kan op- of afrol sodat
die vrag privaat gehou word. Die twee sypanele en agterpaneel
kan individueel of gesamentlik opgerol word wat pak vergemaklik
en selfs as 'n dakkie op 'n oop voertuig in warm weer gebruik
kan word. 'n Dubbelflap beskerm die bakkie se verfwerk teen
die metaalogies waardeur die tou geryg word, terwyl 'n windflap
op die kajuitdak aangebring word om windturbilensie te verminder.
Die totale gewig van die alumiumraam en seilkappie op die
laairuimte van 'n Land Rover 110 is ongeveer 35kg.
|